Separatiste dood dosyne Indonesiese werkers

Die Owerhede in Indonesië het die dood van werkers deur die Papuan separatiste beskryf as “gruwelike aanval” wat die ergste is in onlangse tye van die land.

Die werkers was besig met die bou van paaie en brûe ter bevordering van die land se ekonomiese stand in een van die verarmde streke.

Vir etlike dekades vra die Papuan separatiste vir afskeiding van Indonesië, maar was nog nooit suksesvol nie, en het later selfs begin met gewelddadige aksies.

Die veiligheidsmagte het ’n veldtog begin teen die separatiste nadat hulle glo 31 konstruksie werkers gedood het.

Die Minister van Openbare Werke, Basuki Hadimuljono, het aangekondig dat die werk met die paaie tydelik gestaak word en by ’n latere geleentheid hervat sal word.