Senior Sjinese sakevrou gevang in Kanada

Veiligheidsbeamptes in Vancouver, Kanada het Huawei Technologies se Hoof Finansiële Beampte gearresteer op versoek van die Amerikaanse regering.

Na wat berig word, is sy ’n oortreder van die sanksie verbod teen Iran, wat beteken dit kan ’n ernstige gevolg inhou vir die Sjinese selfoon reus.

Meng Wanzhou van die maatskappy is gearresteer op 1 Desember op versoek van die VSA, en dit het opspraakwekkende gevolge aangesien sy nie net ’n senior beampte van die selfoon maatskappy is nie, maar ook die dogter is van die maatskappy se stigter Ren Zhengfei,

Sjina het die onmiddellike vrylating van Meng Wanzhou geëis tesame met ’n volledige uiteensetting vir die inhegtenisneming.

Die optrede van die Amerikaanse regering kan die verhouding met Sjina verder vertroebel, en word allerweë beskou as deel van die VSA se handelsoorlog met Sjina.

Berigte lui dat die Sjinese finansiële hoof eersdaags in ’n Amerikaanse hof sal verskyn op ’n klagte van oortreding van die sanksieverbod teen Iran.

Intussen by sy in aanhouding.

Foto – Meng Wanzhou