SABC Raadslede bedank

Ten minste twee raadslede van die SABC het bedank. Die Raad het kennis aan die presidensie gegee dat drie raadslede bedank het en alle navrae verwys na die presidensie.

Dit volg na beweerde afleggings deur die Raad en binne gevegte met die nuut aangestelde Minister van Kommunikasie, Stella Ndabeni  Abrahams.  Daar het ‘n skaakmat situasie ontstaan en Abrahams het onderhandelings met die raad opgeskort.

Die SABC benodig R3 miljard voor Maart 2019 om salarisse en skuld te betaal.

Die nasionale uitsaaier is een van die talle staatsinstellings wat gebuk gaan onder swak bestuur en tans in bankrotskap funksioneer.