SABC baas se R11 miljoen bonus

Tydens ‘n oudit, wat gedoen is by die SABC,  is bevind dat die vorige baas van die entiteit ‘n R11,5 “sukses” bonus ontvang het.

Daar word nou versoek dat Motsoeneng se pensioen nie uitbetaal word nie in die lig van beweerde onreëlmatige optredes deur hom.

Die bonus is deur die vorige Algemene Hoof Ekonomiese beampte James Aguna goedgekeur.

Motsoeneng word tans ondersoek deur die Spesiale Ondersoek Eenheid wat poog om R20 miljoen te herwin wat tydens sy bestuur verlore gegaan het.

Intussen het ‘n vierde raadslid van die SAUK bedank en die belaglike situasie is dat siviele organisasies nou Cyril Ramaphosa versoek het om nie bedankings te aanvaar nie.  Ramaphosa het egte Donderdag  bevestig dat hy wel die bedankings aanvaar.