SA klim uit resessie

Met ’n styging van 2,2% in die derde kwartaal, blyk dit dat die Statistiekdiens glo Suid-Afrika is uit die resessie.

Die Bloomberg verslag het 1,9% voorsien, en ekonome is glo verras met die werklike resultaat.

Die groei is klaarblyklik te danke aan die vervaardigings sektor wat 7,5% getoon het terwyl die finansiële dienste sektor sowat 2,3% getoon het.

Die Handel en akkommodasie  industrie het 3,2% gegroei en Kommunikasie net minder as 5,8%.

Landbou het egter die sterkste groei getoon, maar konserwatiewe ekonome waarsku dat die Statistiekdiens te gou juig van ’n einde aan die resessie en wys daarop dat Handel steeds sukkel te midde van die huidige resultaat.

Volgens kenners is daar nog te veel sektore wat nie groei nie, en daarom is dit te gou om van die einde van ’n resessie te praat, veral met die Landbou sektor wat sy laagste vlak van vertroue bereik het weens die Ramaphosa grondgryp program.

Word die drie kwartale se finale groei syfer bereken. Kom dit op ’n skrale 0,7% te staan, wat volgens deskundiges, geen beeindiging van die resessie beteken nie.