Russiese ambassade ’n spioenasie sentrum

Die Russiese ambassade, Alexander Shulgin, in Den Haag was aktief betrokke by die mislukte poging van April vanjaar om die organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens te kaap.

Die skokkende inligting het pas in ’n Nederlandse koerant na vore gekom wat klaarblyklik oor gesaghebbende inligting beskik.

Die Russiese ambassade in Den Haag is as spioenasie sentrum gebruik om ’n kaping te organiseer.

Blykbaar is vier spioene in die ambassade gehuisves vanwaar hulle bepaalde spioenasie take uitgevoer het, en waarna inligting na Moskou deurgestuur is met die toerusting beskikbaar in die ambassade.

Die Nederlandse Militêre Intelligensie het egter op die spoor van die spioene gekom waarvan Anton Naoemkin glo aan die hoof van die spioenasie projek gestaan het.

Foto – Ambassadeur  Alexander Shulgin.