Parkeraad bevorder Islam geloof

Die Parkeraad het die eerste van vyf Moslem gebedsfasiliteite geopen by Skukuza in die Kruger Nasionale Park. Vier ander kampe naamlik Laer-Sabie, Satara, Shokwane en Afsaal Piekniek oord is geoormerk vir verdere “gebedsfasiliteite”.

Ander geloofsgroepe is glo welkom om aansoek te doen vir soortgelyke fasiliteite, aldus Glenn Phillips van die Kruger Park.

Erfnis aktiviste meen die nuwigheid maak inbreuk op die rustigheid van die Wildtuin aangesien die Islam gebede dikwels gepaard gaan met vreemde klanke waaraan ander geloofgroepe nie gewoond is nie.