Ouetehuise die teiken van kriminele

Ouetehuise en aftree oorde moet hul sekuriteit maatreëls verskerp na ‘n tweede aanval in drie maande in Port Elizabeth.

Die nuutste voorval het by die Kragga Kamma Uitspanning Aftreeoord in Port Elizabeth plaasgevind toe ‘n bejaarde egpaar in die nag beroof is.

In Oktober is ‘n bejaarde vrou vasgebind en beroof in dieselfde oord en die Buffelsfontein Aftreeoord is drie keer geteiken in November.

Bejaardes waag hul lewens en goedere as hul naby geleë winkelsentrums te voet besoek.

In Pretoria is verskeie voorvalle aangemeld waar bejaardes beroof is deur skelms wat met die hulp van sekuriteitswagte by ingange gehelp word om deur te gaan.

Die bejaardes is te gerus en hou nie hulle wooneenhede gesluit nie, terwyl enkele gevalle bekend is waar die oord se werkers diefstal gepleeg het.