Oud-President Bush oorlede

Die voormalige president van Amerika, George H.W. Bush, is Vrydag in die ouderdom van 94 jaar oorlede na ’n leeftyd van openbare diens.

Die voormalige president sal onthou word vir sy oorwinning oor Saddam Hussein, maar ook dat hy ’n geweldige stryd gevoer het op ekonomiese gebied.

Sy seun en ook ’n voormalige president van Amerika, George W. Bush, het as woordvoerder van die familie gesê sy vader is Vrydag oorlede, slegs agt maande na die heengaan van sy vrou, Barbara.

Die oud-president, wat Amerika se 41 ste staatshoof was, laat 5 kinders en 14 kleinkinders agter.

Foto – Wyle George H W Bush