Ons maak verskoning

Die Vryburger bied hiermee sy verskoning aan dat berigte soms laat geplaas kan word tot die frustrasie van ons getroue lesers.

Die moontlikheid dat berigte laat op die voorblad kom, word uitsluitlik toegeskryf aan die beurtkrag wat Eskom ingestel het vanweë hulle bankrotskap.

Die Vryburger glo egter dat ons lesers begrip het vir die ongemaklike situasie, maar die medewerkers van die koerant doen alles moontlik om te voorkom dat beurtkrag ons effektiewe funksionering in die wiele ry.