Oekraïne weier Russe toegang by grens

Grensbeheer beamptes van die Oekraïne het reeds meer as ’n 100 Russe wat die land wou binnegaan, toegang gewyer ingevolge die regering se dekreet.

Dit volg nadat die regering besluit het om sy grense vir Russiese besoekers te sluit wat in die ouderdomsgroep 16 tot 60 jaar is.

Die maatreël het die spanning tussen Kiev en Moskou verder verhoog nadat dit reeds kommerwekkend hoog opgeskiet het met Rusland wat op drie skepe van die Oekraïne beslag gelê het.

Die maatreël van Kiev sal vir 30 dae geld, waarna die situasie heroorweeg sal word, afhangende hoe Rusland gaan optree.

President Petro Poroshenko het Saterdag gesê die regering het die veiligheid maatreëls opgeskerp in die belangrikste toegangsroetes en het groot veiligheidsmaatreëls ingestel by kernkragsentrale, en ook by die hawe van die Swart See.

Die maatreëls is getref nadat Rusland sowat 80,000 troepe, 1,400 artilirie en missiele, asook 900 tenks en 2,300 weermag voertuie aan die Russiese kant van die grens ontplooi het.