NVG kry nuwe baas

Cyril Ramaphosa  het adv. Shamila Batohi aangewys as die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgings Gesag.

Sy sal die pos op 1 Februarie 2019 inneem.  Die president van die land, Cyril Ramaphosa, het met die aankondiging van haar aanstelling erken dat die NVG smeebaar, korrup en disfunksioneel is.

Waarnemers wys daarop dat ‘n erkenning soos die, terwyl hy tweede in bevel van die land, het hy onder andere toegelaat dat die departement so verval het.

Kiesers sien dit as ‘n skande op ‘n staatshoof van ‘n land.

Sy mag die vertroue van die publiek inboesem maar die staatshoof en die regering van die land verdien geen vertroue van die inwoners van Suid Afrika nie, word gese.

Foto – Shamila Batohi