Nuusflitse

BLF werf Zimbabwiese bevrydingsleer lede

BLF se leier Andile Mngxitama het op ‘n media verklaring uitgereik waaronder hy meld dat BLF besig is om vorige  lede van Zimbabwese bevrydingsleer te werf om opleiding te verslaaf aan party lede ten opsigte van oorlogvoering.

Paramedici beroof

Die 56ste aanval op paramedici in die Kaapse Skiereiland het die naweek plaasgevind in Seewind naby Muizenberg

Ayanda Mabula gearresteer

Die “kunstenaar” Ayanda Mabula is buite die Johannesburgse Effekte Beurs verwyder  na ‘n obsene tentoonstelling van “kunswerk” wat sê:  “blame it on the boers”.  Volgens hom verteenwoordig hy die “hoogs ondermynde swart mense”  wat deur wit kapitaal beroof word.

Afriforum skors Wes-Kaap lid

Afriforum het een van sy Wes-Kaapse tak lede geskors nadat die lid “iemand” aangerand het . ‘n Mede-lid van Afriforum het op die voorval afgekom en gereël dat die slagoffer hospitaal toe geneem kon word en het  daarna ‘n beëdigde verklaring oor die voorval by die polisie afgelê.

800 SA burgers in oorsese tronke

Dit is bekend gemaak dat meer as 800 Suid Afrikane tans in oorsese tronke verkeer. Die mees onlangse geval was die vier vrouens wat in Miami gearresteer is vir dwelm smokkelary.

ANC kla oor BLF

Die ANC het verklaar dat BLF se uitlatings die land terug neem na die donker tye van apartheid, maar waarnemers reken die ANC se leiers is ewe skuldig aan die soort optrede.

Stop ek is “spietkop”

Die verrottings proses by voertuig toets stasies bereik nou epidemiese afmetings.  In Daveton aan die Oos-Rand, is nog vier verdagtes gearresteer vir die uitreiking van 46 padvaardigheids sertifikate sonder dat die voertuie ondersoek is.  R1000 was die “betaling” wat hande gewissel het en die owerhede gaan die toets stasie se lisensie terugtrek.

Noord-Wes Krieket Raad onder admin

Krieket SA het die Noord-Wes Krieket Raad onder administrasie geplaas en ‘n ondersoek is onderweg rondom bewerings van bedrog. Archie Pretorius is aangestel om alle administratiewe- , bestuurs- en finansiële sake te beheer.