Nuusflitse

Vrees vir Vlag

Dit blyk dat sekere mense ‘n vrees het vir die ou Republiek landsvlag.  Hernude pogings gaan nou weer aangewend word om die openbare vertoon van die ou Republiekvlag (Oranje,Blanje,Blou) volgens wet te verbied. Regskenners meen dat dit nie pas by ‘n regering om ‘n vlag te verbied nie, selfs die Nazi vlag is nie verbode in SA nie.

Pule trek uit

Na ontkennings van seksuele teistering teen sy pa het Pule Mabe verlof geneem en versoek dat hy met verlof sal wees totdat die interne klagtes teen hom afgehandel is.  Die saak sal na berig vandag Woensdag 12 Desember 2018 aangehoor word deur die ANC.

VBS Bank en Florence

Vhembe burgemeester, Florence Radzilani het bedank na aantygings oor haar betrokkenheid by die VBS Bank skandaal, en die beweerde skenking van R300,000 na haar raad R300 miljoen belê het by VBS.  Die ANC in Limpopo het versoek dat 7 burgemeesters moet bedank weens hul aandeel in die saak.

Hof beslis finaal teen Monyane

Die Hooggeregshof het Tom Monyane se aansoek om sy afdanking te beveg van die hand gewys en dit laat finaal toe dat ‘n nuwe hoof van SAID permanent aangestel kan word.