Nuusflitse

 

Jhb ANC leier en R30 miljoen

Die voorsitter van die ANC Johannesburg streek, Geoff Makhubo, het volgens bewering meer as R30 miljoen gebaat deur op te tree as bemiddelaar tussen Stad Johannesburg en Regiments Capital. Regiments Capital het in 2006 ‘n kontrak bekom om die stad se “sinkende fonds” te bestuur rondom invorderings..

Burgemeesters ignoreer ANC base

Die sewe burgemeesters in Noord-Wes wat beveel is deur die ANC weier om te bedank en soek nou regsadvies.  Die saak sal glo van die hof na die arbeidshof, na die Appel Hof en uiteindelik na die Konstitusionele hof vorder voor daar opgetree gaan word.