Nuusflitse

Carltonville landdros in hof

Die 49-jarige landdros van Carltonville sal vandag in die hof verskyn nadat hy twee aangeklaagdes genader het met ‘n versoek dat hy die sake teen hul sal laat terug trek vir ‘n sekere bedrag as “vergoeding”.  Hy sal op klagtes van korrupsie verskyn maar sal seker ook aangekla word van dwarsboming van die gereg.

Brandstof prys

Die enigste goeie nuus vandag is dat brandstof Woensdag met R 1,84 sal daal en diesel met R 1,45.  Die AA is nie seker hoe die daling die ekonomie gaan bevoordeel nie. En motoriste wonder of dit ‘n versuikerde pil is wat die regering net voor Kersfees uitdeel.

OG kry beskerming

Na doods dreigemente teen die Ouditeur-generaal en sy personeel, asook die skiet voorval waarin een van sy personeel betrokke was, kry die OG nou lyfwagte om hulle te beskerm