Noord-Koreaanse soldaat ontsnap

’n Soldaat van die Weermag in Noord-Korea het daarin geslaag om oor te loop na Suid-Korea, en het daarin geslaag sonder dat die kommunistiese wagte hom opgemerk het.

Dit volg terwyl die twee state wat jare lank in vyandskap leef met mekaar, besig is om verhoudinge te verbeter en tans gesamentlike ondersoeke doen om die vestiging van ’n gesamentlike spoordiens te vestig.

’n Woordvoerder van die Suid-Koreaanse weermag het bevestig dat die soldaat daarin kon slaag om oor die grens te kom sonder enige voorval.

Die Suid-Koreaanse weermag wil ondersoek instel hoe die soldaat daarin kon slaag om deur die swaar bewaakte grens kon breek sonder om opgemerk te word.

Intussen het die twee lande ooreengekom om elkeen sy aantal wagte op die grens met 20 te verminder, wat waarnemers laat glo dit het die ontsnapping vergemaklik vir die soldaat.

Vroeër vanjaar het ’n ander soldaat ook daarin geslaag om na die Suide oor te loop, maar het in die proses ’n skietwond opgedoen wat afgevuur is deur ’n kommunistiese soldaat.