Niehaus waarsku oud-regter

Oud-regter Dikgang Moseneke se uitlatings dat Zuma ‘n “lomp dwaas”  is het Umkhonto we Sizwe (MK) se Carl Niehaus genoop om die regter te waarsku.

Hy sê die regter beswadder die regswese se beeld.  Hy gaan voort om ook vir Pravin Gordhan by te kom deur te suggereer dat Gordhan leuens vertel voor die Zondo kommissie.

Niehaus se verdediging van Zuma is in die oog van die  Ramaphosa ondersteuners die grap van die jaar.

Intussen sweep Zuma die swart massas op om hul bevryding en transformasie te voltooi – insluitend grond onteiening sonder vergoeding, aangesien blankes die grond gesteel het van swartes.

Foto – Carl Niehaus