Nie te koop en nie bankrot

Die wapenvervaardiger Denel is nie te koop nie, en is beslis ook nie bankrot nie, en geen verdere moontlikheid bestaan dat die vervaardiger aan Saoedi-Arabië verkoop sal word nie.

Dit blyk dat Denel se verkoop aan Saoedi afgeweer is, of die moontlikheid kan bestaan dat die Arabiese staat se belangstelling verflou het, maar die moontlike transaksie is van die baan.

Woordvoerders van Denel sê die maatskappy is nie bankrot nie, en kon sy verlies van bykans R2 miljard weer verhaal uit sake van die afgelope jaar.

Die voorsitter van Denel, ene Monhla Hlahla, het met die bekendmaking van die inligting probeer om bespiegelings oor die maatskappy se huidige status, die nek in te slaan.

Monhla Hlahla beweer dat Denel in gesprekke was met Saoedi toe die land en ook die maatskappy in die verknorsing was, maar die Raad van direkteure en personeel is van mening dat die maatskappy ’n belangrike funksie verrig en in SA se hand mot bly..