Nasionalisme herleef in Spanj

e

Alhoewel die Sosialiste die verkiesing in die Spaanse deelstaat Andalus oortuigend gewen het, bestaan daar kommer oor die vinnige opgang wat die nasionalistiese Vox party gemaak het.

Die Vox party het slegs in 2013 tot stand gekom, en het tot nou toe geen verteenwoordigers in die streek se parlement gehad nie.

Tydens die afgelope verkiesing het Vox egter bo die verwagting in, 23 setels van die 109 ingepalm.

Dit is die eerste tekens dat nasionalisme herleef, wat tot die Spaanse diktator Franco se heerskappy tot einde 1975, nie weer ’n teken getoon het van nasionalistiese neigings nie.

Die sosialiste hou asem op dat die tendens moontlik regoor Spanje ondervind kan word, en uiteindelik kan lei tot ’n nasionalistiese regering soos wat vroeër vanjaar in Italië gebeur het.

Die groei word as merkwaardig gesien in die lig daarvan dat die sosialiste, wat reeds vir dekades in die deelstaat verteenwoordig word, 33 setels gewen het en nou die meerderheid vorm saam met ander linkse partye.