Namibië raak moeg vir SA Rand

Die regering van Namibië raak toenemend bekommerd oor die wisselende neigings van die Suid-Afrikaanse Rand wat tot die afgelope 25 jaar ook die land se betaalmiddel is.

Die regering ondersoek glo die moontlikheid om oor te skakel na ’n ander Afrikaland se geldeenheid wat groter stabiliteit sal verleen, is gesê.

Die Minister van Finansies in Namibië, Calle Schlettwein, het in New York gesê die regering is besig om alle moontlike opsies te oorweeg.

Namibië beleef ook ’n resessie en is van mening dit is as gevolg van die koppeling met die Rand, en die land se 2,6 miljoen inwoners voel glo die uitwerking van die ekonomiese afplatting.