Moyane en sy regskoste

Die voortslepende regsaksie van Tom Monyane om sy afdanking as SAID hoof ter syde gestel te kry, het veroorsaak dat sy regskoste rekening besig is om te styg.

Na sy “pak slae” in die Hooggeregshof die afgelope week het hy hom nou gewend tot die Konstitusionele Hof om die bevel van die Pretoria Hof se beslissing tersyde te stel.

Uitsprake teen Monyane was in die meeste gevalle toegeken met strafkoste aangesien die aansoeke veelsydig en beledigend was.

Dit wil lyk asof die grootkoppe in die land deesdae swaar gebuk gaan onder die beslissings van die howe, en politieke ontleders reken dit kan ’n bydrae lewer om die wanbestuur en korrupsie te verminder.