Mboweni en sy rooi pet vriend

Dit blyk dat Tito Mboweni en Julius Malema dik vriende is. Mboweni het die bekendmaking van Malema se huisadres veroordeel en beskryf as agterlik,  gruwelik, onsmaaklik en ‘n voorbeeld van swak joernalistiek.

As jy iemand beskryf as jou “huis seuntjie” dan is die bande baie sterk en dit word bewys deur die EFF se “stille vreugde”  met Mboweni se aanstelling,  asook sy uitsprake rondom radikale ekonomiese transformasie.

Daar bestaan onsekerheid of die huisadres bekendmaking nie moontlik n doelbewuste handeling is om simpatie vir Malema op te wek by ANC lede nie.