Malema en die sigaret baas

Adriano Mazzotti, die sigaret vervaardiger en eienaar van Carnilinx, wat dikwels beskuldig is van smokkelary in die tabak bedryf, verhuur ‘n luukse huis in Hyde Park.

Die huurders is Julius Malema se familie, maar die tarief en voorwaardes is volgens “mark-verwante” huur.

Mazzotti het by ‘n vorige geleentheid R200,000 aan die EFF gegee vir die stigting van die party terwyl Carnilinx se direkteur R1 miljoen aan Malema geleen het om sy belasting verpligtinge na te kom.

SAID het intussen aangekondig dat hul ‘n moontlike onwettige ooreenkoms tussen Tom Monyane en Carnilinx gaan ondersoek.

Die ondersoek gaan glo oor ‘n beweerde R600 miljoen se belasting ontduiking.