Macron swig voor betogers

Die afgelope weke het die inwoners van Parys gewoond geraak aan die deurlopende gesig van “geel baadjie” betogers wat in die strate van die hoofstad hul ontevredenheid uitblaker.

Die betogers wat beswaar maak teen stygende belasting, stygende brandstof pryse, en die hervormingsbeleid wat ingestel word, het sonder onderbreking daagliks in die strate aan optogte deelgeneem.

Te midde van die Makro regering wat in ongewildheid steeds meer steun verloor, se Eerste Minister het nou aangekondig dat hy berid is om met die “geelbaadjies” te praat.

Premier Edouard Philippe het aanvanklik saamgestem met President Emmanuel Macron wat gesê het hy praat nie met die oproermakers nie, maar moes uiteindelik bes gee.

Die premier het later aan die media gesê die betogers het wel rede tot kommer en dat aandag aan hulle griewe gegee sal word.

Intussen is sowat 270 betogers in hegtenis geneem en 110 is beseer weens die plundering en gewelddadigheid

Die Franse president moes inderhaas die G20 Beraad verlaat en terugkeer na Frankryk om ’n dringende vergadering met sy kabinet te belê oor die krisis wat hom dwing om ’n noodtoestand af te kondig.