Maanrots teen rekord prys verkoop

Drie stukke rots wat na die aarde gebring is en op ’n veiling aangebied is in New York, het die rekord prys van $855,000 gehaal.

Dit is twee keer die bedrag waarvoor dit etlike jare gelede verkoop is op ’n eerste veiling van die kleinerige rots stukke wat aanvanklik deur die Russ teruggebring is.

Die stukke rots is vir verkoop aangebied deur ’n onbekende versamelaar in die VSA wat dit aangekoop het in 1993 vir die bedrag van $422,500.

Die stukkies rots, wat ongeveer 2 mm X 2 mm groot is, sal glo in die toekoms vir meer as $1 miljoen verkoop kan word weens die histories waarde van die maanreis.

Die stukkies rots het oorspronklik aan die Russiese maan reisiger, Sergei Pavlovich Korolev  se eggenote Nina Ivanovna Koroleva, behoort.