Maak gereed vir Oos-Wes konflik

Die Trump-administrasie het Rusland daarvan beskuldig dat die land mislei en kul met die nakoming van die ooreenkoms oor kernwapens en ballistiese missiele.

Die Europese lande is bekommerd dat die konflik kan verhoog indien die Verenigde State sou besluit om uit die ooreenkoms te onttrek.

Die grootste aantal Navo Ministers van Buitelandse Sake is dit eens met die Trump-Administrasie se siening oor ’n vaste ooreenkoms met Rusland wanneer die lede byeenkom in Brussel.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het aan Navo leiers gesê Washington sal begin met ’n proses om te onttrek uit die 1987 Middelafstand Kernwapen Ooreenkoms .

Die Minister sê die VSA sal so ’n onttrekking binne 60 dae kan begin indien dit nodig sou wees, en Moskou nie hou by die ooreenkoms nie.

Hy het bygevoeg dat dit geen sin maak om te bly kleef aan ’n ooreenkoms met Rusland terwyl Moskou die ooreenkoms skend.