Laer oliepryse kan verligting bring

Die laer oliepryse kan noodsaaklike verligting bring vir motoriste in 2019. Dramatiese afplatting van die olieprys in die afgelope tyd kan aansienlike verlaging teweeg bring in die brandstofprys.

Daar word egter deur kenners gemeld dat dit dalk die enigste goeie nuus vir die nuwe jaar gaan wees, maar dan moet die Rand sterker bly, wat deur ekonome betwyfel word.

Lewenskoste se styging bly ‘n groot probleem vir Jan Publiek, en die onlangse styging in rentekoers het die druk verder verhoog om die resessie te versterk .

Vroeër het die AA egter aangekondig dat die brandstofprys in Januarie verder kan daal.