Koue atmosfeer by G20 Beraad

’n Yskoue atmosfeer heers onder die G20 Beraad se leiers vanweë die internasionale spanning wat tussen verskeie lande heers.

Talle afgevaardigdes het die Kroonprins van Saoedi-Arabië ’n koue skouer gegee op die eerste dag van die beraad, terwyl die spanning wat deur Rusland veroorsaak het teen die Oekraïne, het die VSA laat besluit om die afspraak met Rusland te kanselleer.

Die Beraad wat in Buenos Aires, Argentinië, gehou word, en waar President Mauricio Macri as gasheer optree, het ook ’n mate van dringendheid onder die leiers aangewakker om die spanning te verlig.

Van die sake wat waarskynlik eerste aangeroer was, is die Oekraïne, en die Saoedi moord skandaal op die joernalis, Jamal Khashoggi.

Die omstrede Franse president, Emmanuel Macron het samesprekings gevoer met die Sjinese president Xi Jinping, terwyl president Donald Trump en die Japanese Eerste Minister vergader het.

Die staatshoofde van Sjina en die VSA het na afloop van hulle gesprek bekend gemaak dat ’n 90 dae stop aan invoer heffings ingestel word om daarna te poog om die handelsoorlog te beëindig.

Kanselier Merkel, wat weens vliegtuig probleme, laat opgedaag het vir die opening, het afsprake gemaak om President Trump te spreek, en sal ook tyd inruim om met President Poetin van Rusland gesprek te voer.