Korea state beweeg nader na mekaar

Die twee state, Noord-Korea en Suid-Korea is besig om geleidelik nader aan mekaar te beweeg na jare van diepe vyandskap na ’n oorlog wat die land in twee gedeel het.

In die jongste projek om die verlede se verskille uit die weg te kry, het ’n eerste trein vanaf die Suide oor die grens na die Noorde vertrek om daarmee die sooi te spit vir ’n gesamentlike treindiens.

Die toenadering van die kommunistiese Noord-Korea kom te midde van die sanksies wat steeds deur die Amerikaanse regering ingestel is op die kommunistiese Noord-Korea.

Vir die eerste keer in ’n dekade het die trein uit Suid-Korea die grens oorgesteek na die Noorde, en is ingenieurs glo besig om opnames te maak van hoe ’n gesamentlike trein diens saamgestel kan word.