Komuniste eis einde van beurtkrag

ANC, SAKP, Cosatu en Sanco staan voor in die ry met hulle eis dat beurtkrag beëindig word in Suid-Afrika.

Dit is ironies dat die persone in beheer van die land, dit wil sệ die regerende ANC party, n sy alliansie vennoot die SA Kommunistiese Party en vakverbonde nou eis dat beurtkrag gestaak moet word.

Die ANC se Zizi Kodwa het ‘n verklaring namens die partye uitgereik waarin staatskaping, korrupsie en onder prestering by Evkom veroordeel word.  Tydens die vergadering van “vennote” is die mislukking van plaaslike regering veroordeel asook die onvermoë om basiese dienste te lewer.

Beurtkrag het die land reeds miljarde Rand gekos die afgelope weke, en pogings van Ramaphosa om beleggers te lok, word nadelig geraak deur die kragvoorsiening wat uiters onbetroubaar is.