Klimaat: Duisende in protes in Brussel

Die strate van Brussel, die hoofstad van België, bewe van derduisende mense wat in ’n massa optog stap en eise stel aan die regering oor klimaatsverandering.

Die optog volg enkele dae voor die Beraad oor klimaatsverandering begin in die Poolse hoofstad Warskou waar wêreldleiers byeen kom om die krisis te bespreek en nuwe planne te beraam.

Die optoggangers se minder vleiende opskrifte van baniere en plakkate het die stad en dele van Europa in oproer gebring, maar die vreedsame optog het sonder enige voorvalle verloop.

Polisie woordvoerders sê sowat 70,000 mense het die afgelope naweek aan die optog deelgeneem, en waarnemers meen dit is die grootste protes optog wat nog ooit in Brussel plaasgevind het.

Van die meer gematigde banier opskrifte lui “Daar bestaan geen plan B” en ’n ander “Klimaat eerste, politiek tweede”.