Kernwapens: Rusland verwerp VSA beskuldiging

President Vladimir Poetin van Rusland het in ’n verklaring ontken dat Rusland die Middel-Afstand Kernwapen Ooreenkoms oortree het.

Die president sê indien die VSA sou oorweeg om te onttrek uit die ooreenkoms, hy verseker ook Rusland sal onttrek.

Poetin het ook gesê dat wanneer die Amerikaners uit die ooreenkoms onttrek, en dan begin met die bou van Mid-afstand Kern wapens wat tot hede verbode is weens die ooreenkoms, Rusland ook sal begin met die bou van sulke wapens.

Op ’n vraag wat Rusland sal doen indien die VSA onttrek, het Poetin gesê die antwoord is eenvoudig, Rusland sal presies doen wat die VSA doen.

Deskundiges sê die dreigemente uit beide kampe skep ’n nuwe klimaat van wrywing wat veel erger is as wat die Koue Oorlog geken het.