Kataloniese separatiste begin eetstaking

Twee van die politici van Katalonië, wat direk gemoeid was met die deurvoer van die referendum oor onafhanklikheid twee jaar gelede, en wat tans tronkstraf uitdien, het met ’n honger staking begin.

Die staatsaanklaer probeer nog inligting inwin wat teen die twee separatiste gebruik kan word, maar die aangeleentheid word nou ’n verleentheid van die Spaanse regering.

Die twee het Saterdag begin met hulle staking terwyl hulle steeds verhoor afwagtend is, en kommer heers in Barcelona oor die twee separatiste se verhoor kunsmatig uitgerek word.

Die voormalige president van Katalonië, Carles Puigdemont het gesê hy weier om gevangene te wees van die Spaanse regering terwyl sy volk demokraties ten gunste van onafhanklikheid gestem het, en het uitgewyk na België waar hy tans woonagtig is.

Jordi Sanchez en Jordi Turull kan tot 30 jaar tronkstraf opgelê word, maar regslui in Spanje beweer dat hulle nie langer as 5 jaar behoort te kry nie.