Karavaan stappers op honger staking

Aan die een kant van die grens tussen Amerika en Meksiko staan Amerikaanse soldate gereed op enige gebeurlikheid wat optrede mag vereis teen onwettige immigrante wat wil probeer deurglip na die VSA kant.

Aan die ander kant is daar ’n handjievol van die 6,000 karavaan voetslaners wat misluk het in ’n poging om deur te glip na die VSA, maar wat met traangas in die gesig, moes wegvlug ter wille van hulle kinders.

Nou het die handjievol aggressors besluit op plan B, en dit is om aan ’n honger staking deel te neem nadat die Meksikaanse burgemeester van   Tijuana aangekondig het dat sy stad nie meer geld het om die duisende leeglêers in die immigrante kamp te finansier nie.

Die honger stakers wil glo druk plaas op die VSA owerheid om hulle toe te laat deur ’n eetstaking te hou waarby selfs kinders betrek word.

Die groep honger stakers sê hulle protesteer ook teen die Meksikaanse regering wat hulle blokkeer om na Amerika te gaan.

Met die Amerikaanse regering se vasbeslotenheid om geen onwettige immigrant toe te laat nie, en die Meksikaanse burgemeester wat nie verdere hulp kan verleen nie, word dit ’n al moeiliker saak vir die immigrante, en is die enigste uitweg om aansoek te doen om asiel in Meksiko, soos wat die land se regering hulle uitgenooi het.