Kan Zuma betaal

Finansiële kundiges is nie daarvan oortuig dat Jacob Zuma sy regskoste kan betaal nie, veral omdat die Nkandla wooneenheid as Trust onder die Zoeloe koning se beheer is.

Volgens berigte is Nkandla sy grootste bate, maar ook daarop is ’n verband by die gelikwideerde VBS Bank waarop hy maandeliks ’n paaiement afbetaal.

Bewerings word gemaak dat Zuma nie ander bates ht nie, en dus nie die R16 miljoen aan regskoste sal kan betaal nie, en dan is die komend appèlsaak ook nog op die lys van uitgawes.

Indien Nkandla wel verkoop sou word, sal ’n del van die geld waarskynlik eers gaan om die verband af te los.

Die moontlikheid is nie uitgesluit dat hy hom gaan bankrot verklaar nie, om daarmee uit die skuldlas te kom en die belastingbetaler die betaler van sy regskoste maak.