Ja vir Khoisan – Nee vir Boere Afrikaners

Dit blyk dat die regering bereid is om met die Khoisan te gesels oor selfbeskikking, maar nie bereid is om dieselfde pad te loop met die Boere Afrikaner nie.

Volgens ‘n woordvoerder van die presidensie is die regering steeds verbind om die besware van die  Khoisan gemeenskap aan te spreek.

Dit volg nadat lede van die Khoisan sedert November buite die Uniegebou gekampeer het en dreig dat hulle hul land gaan terug neem tensy daar aan hul eise voldoen word.  Volgens die Khoisan is hulle en nie die Blankes of die swartes die aanspraakmakers op die grond van Suid Afrika.  Die protes is ‘n opvolg van Desember 2017  se “Uniegebou kampering” wat uitgeloop het op ‘n oudisie met Cyril Ramaphosa en sekere beloftes.   Hierdie jaar het die direkteur-generaal van die presidensie, Cassius Lubisi, saam met ander regerings amptenare die groep besoek om vordering te bespreek, die groep is egter nie tevrede nie en gaan glo op 1 Januarie 2019 onafhanklikheid verklaar.

Hierdie optrede staan in sterk kontras met die behandeling wat die Boere Afrikaner Volksraad ontvang het met hul versoeke rondom territoriale selfbeskikking. Die enkele gesprek op 24 September 2014 het op niks uitgeloop as leë beloftes wat nooit nagekom is nie.

Die vraag ontstaan hoe daar aan die Khoisan geleentheid gegee word om hul eise oor te dra en selfs oudisies toegestaan word terwyl die Boere Afrikaner Volksraad se versoeke net eenvoudig geïgnoreer word.

Moet ons soos Afrikane gaan betoog en raas en uitkamp voor die Uniegeboue voor daar gekyk word na die Boere Afrikaner se eise om selfbeskikking?

Moet die Volksraad nie opdrag ontvang om nou meer pro-aktief op te tree en ons eise baie duidelik aan die regering oor te dra nie?  Kan ‘n dreigement van sesessie nie die nodige stukrag gee aan ons eise nie? Alles vrae.  Maar die groot vraag is of die volk nog bereid is om daadwerklik vir hul en hul nageslagte op te staan en die Boere Afrikaner Volksraad te ondersteun?  2019 is dalk ons laaste kans.

Dr. Sakkie van der Merwe