Islamitiese Staat leier in lugaanval dood

Die Islamitiese Staat leier wat verantwoordelik is vir die dood van ’n werker van die Verenigde Nasies in Sirië, is deur die koalisie magte se lugaanval gedood.

Alhoewel die Islamitiese Staat (IS) se mag vernietig is in Sirie en Irak, kom sporadiese aanvalle steeds voor, maar presisie bombardering deur vegvliegtuie van die VSA, is die leier gedood.

Die aanval is in die suidoostelike deel van Sirië uitgevoer waar IS leiers hulle bevind het toe die suksesvolle aanval uitgevoer is.

Abu al-Umarayn, ’n IS leier is glo saam met ander IS manskappe getref en gedood tydens die lugaanval. Hy was verantwoordelik vir ’n reeks voorvalle waarin onskuldige mense omgekom het in Sirië.