Immigrante: Meksiko kry ooreenkoms met bure

Die nuutverkose president van Meksiko het ’n ooreenkoms bereik met die owerheid van sy buurlande Honduras, Guatemala en El Salvador.

Die dringende ooreenkoms is bereik in die lig van die ernstige krisis met onwettige immigrante op die Meksiko grens met die Verenigde State van Amerika.

Aanvanklik het Meksiko ’n uitnodiging gerig tot die karavaan stappende immigrante uit die drie buurlande, maar die onwettige immigrante het geweier en verkies om die land pad aan te durf na die VSA.

Die sowat 6,000 voetslaners was egter teleurgesteld toe hulle die grens bereik waar honderde Amerikaanse soldate hulle verhinder het om die land onwettig binne te gaan.

Om die chaos wat reeds bestaan, te verminder, het die nuwe regering wat pas in beheer van die landsbestuur gekom het, ’n ooreenkoms bereik met die drie regerings van die buurlande waarvandaan die onwettige immigrante kom.

Die nuutverkose sosialistiese President Andres Manuel Lopez Obrador het die krisis sy eerste taak gemaak om op te los, en kon daarin slaag om ’n vinnige reëling te kry met die buurlande.

Meksiko het Sondag ’n ooreenkoms saam met die drie lande se leiers onderteken waar die krisis van ernstige armoede aangespreek sal word deur al vier lande.

President Andres Manuel Lopez Obrador is die eerste sosialistiese staatshoof in 70 jaar wat in Meksiko regeer.