Hoof van Gupta myn geskiet

Jagannath Arora, die Hoof Uitvoerende Beampte van JIC Mining Services, is Saterdagnag in n skietery gedood.

JIC is deel van die Tegeta Resources groep wat deur die Guptas besit word.

Arora is in sy voertuig gewond deur onbekende persone terwyl hy naby Midrand op reis was. Hy het gepoog om ‘n hospitaal te bereik maar het beswyk aan sy wonde voor hy dit kon bereik.

JIC is in die proses van likwidasie en werkers het gestaak weens nie-betaling van salarisse.

Foto – Jagannath Arora