Honger en siekte bedreig Afrika kinders

Jare van konflik en geweld in Sentraal Afrika Republiek en die onkundigheid om voedsel te produseer, is die hoofrede waarom die kinders van die land vandag ’n krisis van oorlewing beleef.

Nou word die krisis van gewelddadige tye verander na een van siektes en hongersnood en verkeer die mense in ’n toestand waar dringende hulp die enigste uitkoms is.

Die is die mening van ’n woordvoerder van die Verenigde Nasies nadat ’n ernstige beroep op internasionale hulp gevra is.

Na vyf jaar sedert die burgeroorlog uitgebreek het tussen die verskillende faksies, is minstens 65% van die land se kinders in so ’n haglike posisie dat humanitêre hulp dringend gevra is deur die VN se Gesondheid afdaling.

Die land se 4,6 miljoen inwoners is ’n faksies opgedeel, waarvan ’n totaal van sowat 3 miljoen ’n honger dood of siektes weens ’n tekort aan voeding, in die gesig gestaar word.

Waarnemers wys daarop dat die wêreld soveel nood het, veral in Afrika, dat die welvarende lande nie oor voldoende middele beskik om almal uit die nood situasie kan red nie.