Hoekom SA sink

Hoekom is ons land in die toestand waarin hy verkeer?  Die parlement het sopas wetgewing goedgekeur wat maak dat huwelik bevestigers nie mag weier om dieselfde geslag huwelike te bevestig nie.

‘n Predikant mag nie op grond van “gewete, godsdiens of geloof” weier om ‘n “paartjie” te trou wat van dieselfde geslag is nie.

Cope, met Terror Lekota as die nuwe messias vir kiesers, het die wet voorgestel in die parlement en die voorstel is deur die meeste partye ondersteun, ingesluit die DA as amptelike opposisie.

Die wet is verwys na  Ramaya vir finale goedkeuring, wat dit heelwaarskynlik sal goedkeur.

Diegene wat nie in verset gaan teen die nuwe wending nie, verraai die God van Bloedrivier op dieselfde wyse as wat Petrus teenoor Christus opgetree het.