Hierdie bees is nog groter

’n Boer in Kanada het met foto en maatband bewys dat sy bees groter is as die Friesbees van ’n boer in Australië.

Die Kanadese boer se “super bees” is glo 25mm (een duim) hoër as die bees van die boer in Australië.

Karl Schoenrock sê sy Holstein is met ’n maatband gemeet en is net meer as 6 voet en 5 duim wat hom ’n een duim hoer maak as die Friesbees.

Die Friesbees, Knickers, heet ’n internasionale vriendekring nadat die verhaal oor hom op die sosiale netwerk bekend geword het.

Knickers, wat 1,4 ton weeg, se lewe is gespaar toe die dier nie by die plaaslike slagpale opgeneem kon word nie omdat die toerusting nie so ’n groot dier kan hanteer en bewerk nie.

Schoenrock het op navraag gesê die groot bees op sy plaas is die vriendelikheid self en sal selfs langs sy baas op die gras gaan le.

Foto – Karl Schoenrock en sy Holstein