Geweld kom, sê BLF

Die uiters radikale en omstrede leier van die Black First Land First (BLF) sê daar sal geweld wees indien die Onafhanklike Verkiesings Kommissie weier om sy party te registreer vir die komende munisipale verkiesing van 2019.

Hy het die opmerking gemaak nadat vertoë gerig is dat ’n beweging of party soos die BLF wat haatspraak beoefen en moord aanhits, ingevolge die grondwet, nie mag deelneem aan ’n verkiesing nie.

Hy het die dreigement geopper tydens ’n media onderhoud met verslaggewers en gesê as die OVK hom verhoed om as party deel te neem aan die komende verkiesing, sal geweld uitbreek in Suid-Afrika.

Vroeër het hy in ’n toespraak sy gehoor aangemoedig om witmense te vermoor, wat gelei het tot hewige reaksie uit verskillende oorde.

Intussen word daar gewag dat president Ramaphosa optree of minstens ’n uitlating en waarskuwing rig, maar dit het nie gebeur nie.

Foto – Andile Mngxitama