“Geel Hempies” chaos en oorwinning

Die Franse “Geel Hempies” wat beswaar maak teen die verhoogde uitgawes soos brandstof en belastings, het nie net Parys ernstige skade berokken met plundering nie, maar selfs die president gedwing om met hulle in gesprek te tree.

Die afgelope week het die Geel Hempies tydens hul betogings, die middestad van Parys geplunder en met graffiti hulle misnoeë uitgebeeld op die mure van staatsgeboue.

Talle voertuie is in brande vernietig, winkelvensters en veiligheid strukture gebreek wat daartoe gelei het dat baie deur die polisie in hegtenis geneem is.

Na raming is die skade wat aangerig is, sowat vier miljoen euro, en verskeie winkels is beroof wat veroorsaak is nadat die polisie die vreedsame optog wou stuit deur traanrook te gebruik.

Dit het die Geel Hempies woedend gemaak, en het die gewelddadige optrede gevolg.

Sowat 400 betogers is in hegtenis geneem en sal glo vervolg word, terwyl 378 in aanhouding bly.

Intussen het die Franse Eerste Minister met ’n gesprek begin om die betogers se griewe aan te hoor en later aangekondig dat die belasting op brandstof, waaroor die protesteerders die kwaadste is, afgeskaf sal word.

President Macron het vroeër gesê hy sal nie toelaat dat die Geel Hempies hom dwing om die belasting af te skaf nie, maar swyg nou oor die verloop van sake.