Gauteng se dag “Zero”

Die Kaap se water krisis is tydelik afgewend en nou is dit die Gauteng wat ‘n water en riool krisis in die gesig staar.

Die probleem lê nie alleen by die hoë verbruik van water nie, (300 liter per /dag per persoon), maar ook by die storting van rou riool in riviere wat na die opgaardamme vloei.

Soos in die res van SA is instandhouding ‘n vreemde verskynsel vir die mense.  Slegs een van die drie water verwerkings aanlegte in Gauteng is in werkende toestand.

Die probleem word vergelyk met die toestand in die Kongo en die weermag is ingeroep om die ander twee fasiliteite te herstel.

Die vraag ontstaan by kiesers of die weermag die nodige kundigheid het om die probleem op te los aangesien die SANW ook net duskant skroot status is.