G20 – Trump kanselleer Poetin ontmoeting

President Donald Trump van Amerika het voor die aanvang van die G20 Beraad in Argentinië bekendgemaak dat hy die afspraak met die Russiese president, Vladimir Poetin, gekanselleer het.

Die president het die inligting kort voordat hy per vliegtuig vertrek het na Buenos Aires, aan joernaliste bekendgemaak.

Die twee staatshoofde sou tydens die beraad bilaterale samesprekings gevoer het, maar President Trump het di afspraak gekanselleer weens die optrede van Rusland teenoor die Oekraïne .

Die Amerikaanse president het gesê hy sien met verwagting uit na ’n gesprek met Poetin sodra die krisis in die Oekraïne opgelos is.