Forensiese ondersoek by Eskom

‘n Forensiese ondersoek is aan die gang by Kusile en Medupi kragstasies. Die beplande 780MW kraglewering deur die twee stasies realiseer nie terwyl beurtkrag die land lamlê.

Die waarheid is uit dat “sub-standaard werk” van kontrakteurs die twee stasies gekelder het.

Die koste by Medupi het sedert 2007 van R69 miljard geëskaleer tot ’n reuse bedrag van R145 miljard met voltooiing, wat bykans ‘n 100% styging is in die oprigting van die een stasie.

Die ANC regering kan nie hierdie korrupsie en diefstal bloot toeskryf aan bedrog nie, en dit blyk dat te min verantwoordelikheid vir hul wandade ondervind word.

Waarnemers sê Pravin Gordhan kan nou verklaar dat “iemand maak geld uit die Eskom”.