Eskom word gesaboteer

Onbevestigde berigte is die afgelope naweek ontvang dat ontevredenheid van Eskom werkers besig is om die kragvoorsiener te saboteer.

Die ontevredenheid by sekere werkers is klaarblyklik die rede waarom Eskom op die oomblik uiters ondoeltreffend is, en die vermoede bestaan dat werkers wat presies weet waar om die kragtoevoer af te skakel, die oorsaak is vir die gemors waarin Suid-Afrika verkeer.

Die beurtkrag wat gedurende die afgelope naweek regdeur die land toegepas is, het wye reaksie van ontevredenheid uitgelok, en sakeondernemings het saam met nywerhede, weereens miljoen Rand se verliese gehad.

Die onwaarheid van sogenaamde “onbeplande instandhouding” maak van Eskom se bestuur en woordvoerders ongeloofwaardige mense.

Nyweraars en sakelui sê daar bestaan nie so iets soos “onbeplande instandhouding” nie, want instandhouding word altyd vooraf beplan, terwyl krisis bestuur soos tans by Eskom die geval is, ’n teken van swak beheer.

Die sogenaamde “onbeplande instandhouding” is niks anders as vinnige herstelwerk wat gesoen moet word omdat geen instandhouding gedoen is nie.