Eskom seniors – geen vakansie verlof

Die ernstige krisis in kraglewering vereis ’n daaglikse beplanning wat nie nou skipbreuk kan lei deur senior beamptes wat met verlof is nie.

In die lig daarvan word alle verlof opgeskort van Eskom bestuurders ten einde te verseker dat die optimale kragvoorsiening aan Suid-Afrika gelewer kan word.

Die beslissing is gemaak deur Minister Pravin Gordhan van die Departement Openbare Werke wat gister aan die media gesê het so ’n maatreël is noodsaaklik in belang van die land se ekonomiese toestand.

Gordhan sê die reël geld vanaf 15 Desember tot 15 Januarie 2019 en bly van toepassing op senior werknemers van die kragvoorsiener.

Foto – Minister Gordhan